Charlton Heston

Charlton Heston
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Heston deur Jerry Avenaim, 2001

Geboortenaam John Charles Carter
Geboorte 4 Oktober 1923
Illinois, VSA
Sterfte 5 April 2008
Beverly Hills, Kalifornië, VSA
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1941–2003
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Rolprentpryse
Prys Jaar Kategorie Prent
Gewen
Oscar 1960 Akteur Ben-Hur
Golden Globe 1962 Henrietta-prys (Wêreldgunsteling)
Golden Globe 1967 Cecil B. DeMille-prys
Benoem
Golden Globe 1957 Akteur The Ten Commandments
Golden Globe 1960 Akteur Ben-Hur
Golden Globe 1963 Akteur The Pigeon That Took Rome

Charlton Heston (4 Oktober 1923 – 5 April 2008) was ’n Amerikaanse akteur van rolprente, TV en die teater[1] en ’n politieke aktivis.

As ’n Hollywood-ster het hy oor 60 jaar in 100 rolprente verskyn. Sy bekendste rolle was in The Ten Commandments (1956); Ben-Hur (1959), waarvoor hy ’n Oscar gekry het; El Cid (1961) en Planet of the Apes (1968). Hy het ook in onder meer The Greatest Show on Earth (1952) en Touch of Evil (1958) gespeel. Van sy tonele wat die beste onthou word, is as Moses wat die Rooisee verdeel in The Ten Commandments en ’n strydwa-tweegeveg in Ben-Hur. Sy hoofrolle het hom ’n ernstige, outoritêre persoonlikheid besorg en het verantwoordelikheid, individualisme en manlikheid uitgebeeld; Hy het rolle wat nie klem op dié eienskappe gelê het nie van die hand gewys. Dit het ook gewig verleen aan sy politieke stem – hy was nou by die politiek betrokke.[2]

Nadat Alzheimer se siekte by hom gediagnoseer is, het Heston in 2003 ophou toneelspeel.[3]

  1. Berkvist, Robert (6 April 2008). "Charlton Heston, Epic Film Star and Voice of N.R.A., Dies at 84". The New York Times. Besoek op 6 April 2008.
  2. Emilie Raymond, From My Cold, Dead Hands: Charlton Heston and American Politics, (2006) bl. 4-5, 33
  3. Charlton Heston's Last Sneer SFGate. 30 April 2003

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy